LettersOpinion

ANC steeds uit voeling met werklikheid

Die rege­ring is nie ern­stig is oor plaas­like rege­ring nie en sy versko­ning dat alle plaas­like regerings­pro­bleme van apart­heid geërf is, is verregaande.

Michal Groene­wald, Vry­heids­front Plus, LP en hoof­woord­voerder: Same­wer­kende rege­ring, skryf:

Die ANC se skok­kende on­bevoegd­heid en minag­ting vir die erns van die ineen­stor­ting van plaas­like rege­ring in Suid-Afrika, is onder­streep toe die departe­ment van same­wer­kende rege­ring niemand gestuur het na die parle­ment se porte­feulje­komitee­ver­ga­dering vir same­wer­kende rege­ring en tradi­sionele sake (CoGHSTA) wat in die departe­ment se eie gebou in Pre­toria gehou is nie.

Die departe­ment het boonop nog nie eens in hier­die laat sta­dium sy jaar­ver­slag vol­tooi nie aan­gesien sy finan­siële state laat by die oudi­teur­gene­raal (OG) vir die jaar­likse oudit inge­dien is.

Dit dien op­nuut as bewys dat die rege­ring nie ern­stig is oor plaas­like rege­ring nie en dat sy versko­ning dat alle plaas­like regerings­pro­bleme van apart­heid geërf is, van alle waar­heid ont­bloot is.

Die pro­bleme is hoof­saaklik te wyte aan die ANC-rege­ring se onbe­voegd­heid en die afbreek van plaas­like rege­ring­stelsels en -strukture weens reg­stellende aksie, kader­ont­plooiing, kor­rupsie en be­drog.

Volgens die VF Plus grens die op­trede van die departe­ment deur nie self voor die komitee te verskyn om ver­skoning aan te teken nie, aan arro­gansie en minag­ting van een van die grootste krisisse wat die land in die gesig staar in die vorm van plaas­like rege­ring.

Dit is ook niks anders nie as die onder­myning van die be­trokke komitee nie. Dit is duide­lik dat die ANC op alle vlakke van rege­ring bloot krisis­be­stuur toepas in Suid-Afrika en nie op­tree in die beste belang van die belas­ting­beta­ler nie. Die VF Plus sal aan­hou om die rege­ring se foute bloot te lê sodat die kiesers ’n inge­ligte besluit kan neem met die plaas­like verkie­sing in 2021.

Related Articles

Back to top button