LettersOpinion

Monument oop ondanks voorval

Alle moont­like maat­reëls sal getref word om ons besoe­kers steeds veilig en wel­kom te laat voel.

Geraldine Paulsen, media- en kom­muni­kasie­beampte, Voor­trekker­monu­ment, Pre­toria, skryf:

Ek wil besoe­kers aan die Voor­­trekker­­monu­­ment in Pre­toria verseker dat die be­stuur die uitsonderlike voor­val op Dins­dag 8 Okto­ber waar ’n mis­lukte motor­ka­ping by Fonteine­dal tot ’n roof­tog by die iko­niese Voor­trekker­monu­ment gelei het, in ’n baie ern­stige lig beskou.

Alle moont­like maat­reëls sal getref word om ons besoe­kers steeds veilig en wel­kom te laat voel.

Die mis­da­digers het tydens die aan­val in die midder­nagte­like ure die venster van die hek­kan­toor gebreek en die kas­regis­ters en reke­naar­skerm ge­steel. Geen kontant word snags in die hek­kan­toor of ander kan­tore op die ter­rein van die Voor­trekker­monu­ment gehou nie.

Volgens die hek­wag was die mans nie Suid-Afrikaanse bur­gers nie. Ons dank aan die po­lisie wat by­kans on­middel­lik op die terrein was. Ten spyte van die feit dat die rowers die ka­mera by die hek ver­nietig het, kon die po­lisie duide­like foto’s van die drie rowers aflaai.

Die hek­wag is nie in die voor­val beseer nie.

Die Voor­trekker­monu­ment gaan reeds weer voort met normale sake-ure en besoe­kers word her­inner om van die alter­na­tiewe hek­kan­toor gebruik te maak.

Ons sien daarna uit om u te verwel­kom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button