LettersOpinion

Dit was ’n familiedag om te onthou

Die ete wat voor­gesit is, was nie net heer­lik nie, maar die tafels was keurig gedek en geen moeite is ont­sien nie.

Gladys van der Merwe, Bela-Bela, skryf:

As inwoner van Warm­bad Rusoord wil ek graag namens myself en die ander in­woners van dié tehuis vir be­jaardes aan Ann van Blerk en haar perso­neel baie dankie sê vir ’n heer­like familie­dag wat op Sater­dag 7 Septem­ber gehou is.

Die ete wat voor­gesit is, was nie net heer­lik nie, maar die tafels was keurig gedek en geen moeite is ont­sien nie. Ons geliefdes is gasvry ont­vang en ont­haal. Dankie vir baie harde werk wat bo en behalwe julle gewone dagtake gekom het.

Ons wil ook dankie sê vir die tuiste wat julle vir ons skep. Ons kan in ons goue jare geluk­kig en tevrede wees met die kos­bare versor­ging wat ons daag­liks ontvang.

Ons waar­deer elkeen se harde werk en ons wil julle graag die seën van die Here toebid.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button