LettersOpinion

Werkloosheid ’n ongeneesbare wond

Die pre­sident erken dat die werk­loos­heids­pro­bleem die grootste bedrei­ging is wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, maar die ANC-rege­ring dring daarop aan om voort te beur op die self­vernieti­gende pad wat hy deur middel van sy on­deur­dagte en self­dienende beleid geskep het.

Heloïse Jordaan, Vry­heids­front Plus LP en hoof­woord­voer­der: Open­bare dienste en admini­strasie, skryf:

Die so­genaamde inter­vensies om werk­loos­heid in Suid-Afrika te ver­lig, waarna pres. Cyril Rama­phosa ge­durende ’n parle­mentêre vraag-en-ant­woord­­sessie verwys het, sal nie werk onder hui­dige ANC-beleids­rig­tings nie.

Die pre­sident erken dat die werk­loos­heids­pro­bleem die grootste bedrei­ging is wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, maar die ANC-rege­ring dring daarop aan om voort te beur op die self­vernieti­gende pad wat hy deur middel van sy on­deur­dagte en self­dienende beleid geskep het.

Die president wil beleg­gers­ver­troue bevorder, maar sy rege­ring dring daarop aan om privaat ­eien­doms­reg in die gedrang te bring.

Voorts verwag die rege­ring van die privaat sek­tor om werk­skepping te stimuleer, maar beper­kende en voor­skrifte­like arbeids­wet­gewing kort­wiek juis die pri­vaat­ sektor om hieraan te vol­doen.

Swart Ekono­miese Bemag­tiging (SEB) en Reg­stellende Aksie (RA) is enkele voor­beelde van staats­in­menging wat werk­skep­ping deur die privaat­ sek­tor in die wiele ry.

Inter­vensies waarop die rege­ring eerder moet fokus, is die verslap­ping van voor­skrifte­like arbeids­wet­gewing en oor­regu­lering, ’n om­keer­strategie vir plaas­like rege­ring om diens­lewe­ring reg te ruk en die doelt­reffende bestryding van kor­rupsie en dief­stal deur kader­ont­plooi­ing stop te sit.

Die presi­dent is korrek, werk­loos­heid is ’n nasio­nale krisis met skrik­wek­kende afme­tings. Dit is egter ’n krisis wat deur sy eie regering veroor­saak is en be­vorder word en sal nie om­gekeer word onder die­selfde rege­ring nie.

Related Articles

Back to top button