LettersOpinion

Meld klagtes by polisie aan

Die 539 “ver­dag­te uit­be­ta­lings” waarna in die ver­doemde oudit­ver­slag oor dié muni­sipa­liteit verwys word, is be­wys van die modus ope­ran­di wat ge­volg is.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Om Mo­di­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit se skuld van R250 mil­joen in Ju­nie 2018 tot R400 miljoen tans te laat styg, is ’n glas­hel­der be­wys dat sekere ampte­nare nie met geld kan werk nie.

Die 539 “ver­dag­te uit­be­ta­lings” waarna in die ver­doemde oudit­ver­slag oor dié muni­sipa­liteit verwys word, is be­wys van die modus ope­ran­di wat ge­volg is.

Met die lees van die berig “Dorp hou asem op toe Es­kom weer dreig”, as­ook “Mier­nes van kor­rup­sie oop­ge­vlek” en “Raads­be­sluit oor ta­rie­we geïg­no­reer” in Die Pos van Vry­dag 30 Augus­tus is my ge­heue na 2012 te­rug­ge­voer toe daar berig is oor verskeie ver­dagte trans­aksies van ampte­nare in dié raad. Dit dien as voor­beeld van hoe be­las­ting­plig­tes se geld oor die jare ge­steel is.

As be­na­deel­de be­las­ting­be­ta­lers is dit nie ons kul­tuur om vu­re te brand en klip­pe te gooi nie, maar ons eis dat ’n ­klag on­ver­wyld by die po­li­sie gelê word en ’n saak­dos­sier vir ’n in diep­te on­der­soek geopen word. (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button