LettersOpinion

Maak seker van korrekte inligting

Munisipa­liteite mag nie die krag­tarief met meer verhoog as wat deur Nersa vas­gestel is nie. Alle raads­lede behoort van dié reëling te weet.

Philip van Staden, Mook­go­phong, skryf:

Ek merk in Die Pos van Vry­dag 30 Augus­tus dat die adjunk- provin­siale leier van die Vry­heids­front Plus meld dat daar ’n raads­besluit was om die elek­trisi­teit met slegs 3% te ver­hoog.

Die muni­sipale bestuur­der het egter krag­ver­bruik met 6% verhoog. Daar word verwys dat die DA en VF Plus se voor­stelle blatant oor die hoof gesien is en dat hul mening ge­minag is.

Die brief­skrywer moet asseblief daar­van kennis neem dat krag­tariewe deur die Nasionale Energie­regu­leerder van Suid-Afrika (Nersa) goed­gekeur word. Munisipa­liteite mag nie die krag­tarief met meer verhoog as wat deur Nersa vas­gestel is nie.

Alle raads­lede behoort van dié reëling te weet.

Briewe soos dié saai ver­warring. Inwoners moet dus daar­van kennis neem dat die tarief op krag­verbruik vir die hui­dige boek­jaar met 13,04% ver­hoog is. Grondbe­las­ting is met 6% ver­hoog, water­tariewe is met 10% verhoog, sani­tasie met 10% en vullis­verwy­dering met 10%.

Related Articles

Back to top button