LettersOpinion

Kinders weerloos in hande van misdaad

Daar word daag­liks voor­valle aange­meld van kinders wat weg­raak.

Jean Kriek, Vryheidsfront Plus-jeugleier, skryf:

Die gereg moet geen sim­pa­tie betoon vir mense wat by mis­daad teen kinders be­trokke is nie soos met die jongste voorval waar vier mense ’n vyf­jarige kind van Vander­bijl­park uit haar ma se hande geruk en met haar gevlug het nie.

Die mans het met haar in ’n wit Toyota Fortu­ner vanuit ’n par­keer­terrein oor­kant Laer­skool Kollege­park gevlug. Die polisie en lede van die gemeen­skaps­polisiërings­forum (GPF) was binne minute besig om te help soek. Paaie is gepatrol­leer en ingange na voor­stede is geblok­keer.

Die VF Plus se raads­lid in Vander­bijl­park, Gerda Senekal, ’n lid van die polisië­rings­forum, het haar dadelik by die geor­gani-seerde span geskaar om te help met die soek­tog.

Volgens Missing Children South Afrika word daar daag­liks voor­valle aange­meld van kinders wat weg­raak. Hierdie kommer­wek­kende tendens kan nie voort­duur nie en die polisie sal spesiale aandag aan die voor­koming van kinder­ont­voe­ring moet gee.

Die veilig­heid en besker­ming van kinders is nie net die verant­woorde­likheid van ower­hede en orga­ni­sasies nie. Ouers het ’n plig om toe te sien dat hul kinders vei­lig is en moet hulle, indien moontlik, na hul bestem­ming ver­gesel en daar gaan haal.

Die VF Plus raai ouers aan om betrou­bare elek­troniese hulp­middels te gebruik om veral jong kin­ders te volg en so­doende te weet waar hulle beweeg. Kinders kan ook geleer word om hul ouers in kennis te stel indien hulle hulp benodig.

Die party wil die polisie en GPF-lede vir hul vinnige optrede bedank.

Related Articles

Back to top button