LettersOpinion

Hartseer oor moord op boer en plaaswerker van Radium

Bela-Bela was tot ’n paar jaar ge­lede redelik vry van ern­stige mis­daad, maar ons is tans een van die minder veilige dorpe om in te woon en mis­daad ruk hand­uit.

Pieter Wagner, Bela-Bela, skryf:

Simon Male­bane (61), ’n boer van Radium wat die afgelope week wreed op sy plaas ver­moor is, was van jongs af deel van die Bela-Bela-ge­meen­­skap.

Hy het in Settlers skool gegaan.

Hy het deur harde werk en genade van Bo in die sake­­wê­reld uitge­styg. Hy was ’n kliënt van ons en later het ons vriende geword. Ons kan baie lesse uit sy lewens­wyse leer. Hy was ne­derig, vriende­lik en mens­lie­wend. Hy het gereeld Sater­dae by die veilings goe­dere gekoop wat hy onder armes uitge­deel het.

Ons het ’n groot gees in Bela-Bela verloor. Ons weet nog nie hoe en waar­om nie, maar die im­pli­kasies strek veel verder as wat oën­skynlik lyk. Hy was ’n werk­gewer by uitstek, die ver­sorger van baie ge­sinne, ’n land­bouer wat tot die voedsel­voor­sie­ning in ons land bygedra het en ’n geliefde gesins­man. Wie gaan sy plek vol­ staan? Die werklikheid is dat ’n land­bouer uit die same­le­wing ver­wyder is.

Een van sy plaaswer­kers, Daniel Ngoaga­mobe (59), is saam met hom ver­moor.

Ons land is vuis­voos vir dié soort gewelds­mis­daad. Bela-Bela was tot ’n paar jaar ge­lede redelik vry van ern­stige mis­daad, maar ons is tans een van die minder veilige dorpe om in te woon en mis­daad ruk hand­uit. Indien plaas­aan­valle soos dié waarin Male­bane en sy werker gesterf het, toeneem, kan ons hele gemeen­skap in duie stort. Ons sou graag ’n teen­voeter wil hê om mis­daad te bekamp.

Die polisie en hul mede­wer­kers doen hul bes, maar as die harte van die mense nie ver­ander nie, sal niks ver­beter nie. Dit is asof die duiwel ons bloots ry.

Kom ons dra die polisie en mede­wer­kers aan die Here op en vra dat hulle deur Sy genade hierdie mis­daad­oor­log sal wen. (Brief verkort. — Red.)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button