LettersOpinion

Werkloosheid ʼn tikkende tydbom

Suid-Afrika sit op ’n tydbom wat werk­loos­heid betref en het ’n wel­syn­staat geword.

Heloïse Jordaan, Vry­heids­front Plus (VF-Plus) -LP en hoof­woord­voerder: Arbeid en werk­skepping, skryf:

Die toe­name in werk­loos­heid van 27,6% in die eerste kwar­taal na 29% in die tweede kwar­taal is uiters sorg­wek­kend, maar hoe­ge­naamd nie ’n verras­sing nie.

Die werk­loos­heid­koers was in 2008 laas 29% met die hoogste koers tot op hede van 29,3% wat in Maart 2003 gemeet is.

Inaggenome mense wat reeds moed opgegee het om werk te vind, is daar tans na raming 10 miljoen werk­loses in Suid-Afrika te midde van ’n styging in die bevol­king na 58 miljoen mense.

Suid-Afrika sit op ’n tydbom wat werk­loos­heid betref en het ’n wel­syn­staat geword met sowat 17 miljoen mense wat van maat­skap­like toelaes afhank­lik is. Dit is meer as die aantal wer­kende mense in die land. Dié onvol­hou­bare situasie is deur die ANC-rege­ring geskep.

Ondeur­dagte beleids­rig­tings en ’n algehele gebrek aan politieke wilskrag veroor­saak dat al hoe meer mense hul werk ver­loor en van die rege­ring af­hank­lik word.

Die privaat sektor word dood­gesmoor deur strie­mende arbeids­wet­gewing en oormoni­tering deur die regering. Swart Eko­nomiese Bemag­tiging, reg­stellende aksie en ander voor­skrifte­like wet­gewing kom neer op rege­ringsin­men­ging en ver­hinder die privaat sektor om werk­skepping te be­vorder.

Die grootste verliese sluit onder meer 44 000 professio­nele poste en 19 000 huis­hou­delike werkers in. Dit is nie ver­basend nie aange­sien die mini­mum­loon, tesame met die ver­swakte eko­nomie, dit onbe­kostig­baar maak vir baie middel­klashuis­hou­dings om werk­nemers in diens te hou.

Daar is ’n reuse­wan­balans tussen beskik­bare vaardig­hede en die vereis­tes in die ar­beids­mark. Skolastiese en ter­siêre oplei­dings­uitsette voldoen nie meer aan die ver­langde vereistes nie wat po­tensiële kandi­date nie aan die kriteria van poste laat voldoen nie. Dit kan vier­kantig voor die deur van die rege­ring gelê word, omdat die alge­mene stan­daard van alles tot ’n onaan­vaar­bare lae vlak gedaal het.

Niks waaraan die ANC-rege­ring die afgelope 25 jaar geraak het, het nie ’n omkeer­strategie nodig nie. Die enorme pro­bleem van werkloos­heid in Suid-Afrika sal egter nie omge­keer kan word terwyl die ANC die rege­rende party is nie.

Related Articles

Back to top button