LettersOpinion

Vroue ná al die jare steeds weerloos

Indien daar vandag gekyk word na die geweld teen vroue en kinders, is dit duidelik dat die ANC-rege­ring nie daarin slaag om hulle te beskerm nie.

Dr. Pieter Groene­wald, Vry­heids­front Plus-leier, skryf:

Die VF Plus wil hulde en eer bring aan die vroue van Suid-Afrika wat die land gehelp bou het en dit steeds doen.

Deur die geskie­denis het vroue nog altyd ’n belang­rike rol in die land gespeel en veral diep spore getrap in die geskie­denis van die Afri­kaner.

’n Enkele, tref­fende voor­beeld is iemand soos Nonnie de la Rey, egge­note van die be­kende Boere­gene­raal Koos de la Rey. Sy het 18 maande lank met haar kin­ders in die veld rond­ge­swerf en dit reg­gekry om die Engelse magte te ontwyk wat aktief na haar gesoek het.

Deur haar dade het sy onder haar beroemde egge­noot se skadu uitbe­weeg en ’n heldin in eie reg geword. Die Engelse sou nooit die voor­reg smaak om De la Rey te vang en in ’n kon­sen­trasie­kamp aan te hou nie.

Só hoog het die Afrikaner­volk sy vroue aange­slaan dat ’n monument ter ere van vroue opge­rig is — sover bekend die eerste volk om vroue op dié wyse te vereer. Die Nasio­nale Vroue­monu­ment in Bloem­fon­tein is op 16 Desem­ber 1913 ont­hul en dien ter herinne­ring aan die vroue en kinders wat in die Anglo-Boere­oor­log gely en gesterf het.

Indien daar vandag gekyk word na die geweld teen vroue en kinders, is dit duidelik dat die ANC-rege­ring nie daarin slaag om hulle te beskerm nie. Suid-Afrika is die land met die hoogste verkrag­ting­syfer ter wêreld en word ook beskou as die land waarin dit die ge­vaar­likste is vir ’n vrou om alleen te reis.

Dit is bekend dat daar groot tekort­ko­minge by die polisie self is rakende die aanmel­ding van mis­daad teenoor vroue en dat hierdie soort misdaad nie die nodige aandag kry wat dit moet nie. Die voor­koms van mis­daad teen vroue kan daarom selfs veel hoër wees as wat die statis­tieke aandui.

Respek teenoor vroue moet in die eerste plek by die huis gekweek word waar vaders en mans die voorbeeld moet stel. Daarom moet daar ook aandag gegee word aan die maat­skap­like probleme in die land wat deel is van die sosio-eko­nomiese pro­bleme van Suid-Afrika.

Pres. Cyril Rama­phosa sê graag dat daar sterk opgetree moet word teen geweld teenoor vroue en kinders, maar die leemtes aan polisie­kant maak hulle kwes­baar en dit sal daad­werk­lik aandag moet geniet om seker te maak die land se vroue is veilig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button