LettersOpinion

Wat het geword van versoening?

Ons word tydig en on­ty­dig aan oudpres. Nel­son Man­de­la se na­la­ten­skap her­in­ner. Man­dela se slag­spreuk was im­mers ver­soe­ning en ’n land waar al­mal ’n plek on­der die son het.

Ka­rel Nie­wen­huis, ad­junk- pro­vin­sia­le lei­er, Vry­heids­front Plus, skryf:

Julius Ma­le­ma het ty­dens die EFF se ver­jaar­dag­vie­ring die laas­te spy­ker in die doods­kis van ver­soe­ning geslaan.

Jo­hann Ru­pert, on­ge­veer R70 bil­joen sterk, het on­langs laat blyk hy oor­weeg om die land te ver­laat. Dit was die groen­lig vir Ma­le­ma se uit­spraak: “As jy wil voet­sek, voet­sek.” Die spreek­woor­de­li­ke ker­sie op die on­ver­ge­noeg­like koek, is die drei­ge­ment om Ru­pert se eien­dom, die eks­klu­sie­we Leopard Creek-gholf­land­goed, aan te val.

Pravin Gordhan is ewen­eens in die EFF se vi­sier. Net so aan­stoot­lik is Zind­zi Man­de­la, niks min­der as Suid-Afri­ka se am­bas­sa­deur in Dene­mar­ke nie, se ver­wy­sing na blan­kes as ver­krag­ter-af­stam­me­linge van Jan Van Rie­beeck.

Ons word tydig en on­ty­dig aan oudpres. Nel­son Man­de­la se na­la­ten­skap her­in­ner. Man­dela se slag­spreuk was im­mers ver­soe­ning en ’n land waar al­mal ’n plek on­der die son het. Van­daar die woord ver­soe­ning in die Waar­heid- en Ver­soe­nings­kom­mis­sie. Die be­grip is ty­dens oudpres. Tha­bo Mbe­ki se pre­si­dent­skap af­ge­wa­ter deur­dat hy ver­soe­ning on­der­he­wig aan trans­for­ma­sie gestel het.

In die gees van pres. Cyril Rama­pho­sa se nu­we dag­breek sou ’n mens ver­wag dat die ANC be­swaar sal maak teen on­smaak­li­ke uit­spra­ke soos dié ten op­sig­te van Ru­pert. Die teen­oor­ge­stel­de is waar: Geen woord word oor hier­die op­sto­kery gerep nie; die gans wat die goue eiers lê, het vy­and nom­mer een geword.

Die ANC is ver­on­der­stel om nie-ras­sig te wees. Hulle be­pleit een­heid, maar ig­no­reer Pie­ter Groe­ne­wald se plei­dooi om er­ken­ning aan plaas­moor­de te gee. Kom­men­ta­tors ver­wys al min­der na ver­soe­ning om­dat dit na ’n on­moont­lik­heid be­gin lyk.

Haat en on­ver­draag­saam­heid het die plek van die stre­we na ver­soe­ning in­ge­neem. Men­se kan nie ge­dwing word om te ver­soen nie en ras­sis­tie­se, op­swe­pen­de uit­spra­ke maak geen ge­ringe by­drae om die wa­ter waar­in die pad­da ge­gooi is, tot kook­punt te laat styg nie. So word daar lu­kraak na blankes as on­wel­kome be­soe­kers en grond­die­we verwys. Die enig­ste strooi­halms is in­stel­lings soos die ho­we en die Men­se­reg­te­kom­mis­sie. Laas­ge­noem­de raak eg­ter die spoor bys­ter toe Ma­le­ma se uit­spraak dat blankes “nie nou reeds” uit­ge­moor word nie, nie op haat­spraak neer­kom nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button