LettersOpinion

Verslag oor grondhervorming vol gate

Die verslag is op­sigtelik gebrek­kig omdat dit nie moreel reg­verdig­baar is dat indi­vi­duele grond­eie­naars wat hul eien­domme wettig gekoop het, die reke­ning vir grond­her­vorming as ’n nasiona­le verant­woorde­likheid moet diens nie.

Dr. Theo de Jager, direksie­voor­sitter: Suider-Afrika Agri Inisia­tief (Saai), skryf:

Die Suider-Afrika Agri Inisia­tief (Saai) is teleur­ge­steld in die verslag wat die so­genaamde advies­pa­neel van kun­diges oor grond­hervor­ming aan die kabinet voorge­hou het en wil op hierdie stadium op kernas­pekte van die verslag ’n teen­oor­ge­stelde stand­punt stel.

Die verslag is op­sigtelik gebrek­kig omdat dit nie moreel reg­verdig­baar is dat indi­vi­duele grond­eie­naars wat hul eien­domme wettig gekoop het, die reke­ning vir grond­her­vorming as ’n nasiona­le verant­woorde­likheid moet diens nie.

Dit vermy enige verwy­sing na hoe land­bou­finansie­ring — as een van die hoek­stene van mede­din­gende primêre pro­duksie in Suid-Afrika — beïnvloed sal word. Elke boer in Suid-Afrika loop die gevaar om ’n plaas of twee te ver­loor, maar die banke kan alle plase wat as sekuri­teit vir produk­sie­finan­siering dien, ver­loor.

Saai is veral teleur­gesteld in die opper­vlak­kige, oor­vereen­vou­digde en een­sydige weer­gawe van die geskie­denis van grond­besit (wat ook bla­tante onwaar­hede bevat), wat aange­bied is om die res van die verslag ideo­logies te reg­ver­dig. Daar­deur posisio­neer die paneel en sy lede hulle as aan­hitsers van ver­deeld­heid en rasse­span­ning, eerder as ’n oplos­sings­gedrewe invloed op die grond­kwessie.

In die oor­drewe klem wat op die regte van plaas­plakkers gelê word, en gepaard­gaande kritiek op die toe­passing van verblyf­regseker­heids­wette, skry die een­sydige invals­hoek van die paneel ten hemele. Daar is geen sweem­pie van ’n ver­wysing na oorbe­wei­ding, brand­stig­ting, mis­daad of intimi­dasie wat grond­eie­naars daag­liks in Suid-Afrika in die hag­likste veilig­heids­omge­wing ter wêreld van plaas­plakkers moet ver­duur nie. Die paneel se onder­rok hang té ver uit.

Saai bevraag­teken ook die bronne waarop die paneel se syfers van plaas­afset­tings gegrond is. As daar 1 679 471 plaas­plakkers van plase af­gesit is, en daar 35 000 kommer­siële boere is, het elkeen gemid­deld 48 mense van plase afge­jaag!

Saai verwerp die paneel se eis dat die rege­ring die Ingonyama Trust (of enige ander trust) oorneem, ontbind of ver­nietig. Dit is ’n aan­val op die kul­tuur eie, sowel as geestes­goedere, van die Zoeloe-bevol­king, en op trusts as wetlike regs­per­sone. Duisende on­roerende eien­domme in Suid-Afrika word in trusts gehou, en die paneel werp geen lig op hoe sodanige drako­niese aksie tot die Ingonyama Trust beperk sal word nie. Daar is geen rede om die Zoeloes se his­toriese hart­land te onteien of uit hulle hande te ruk nie.

Die paneel vertoon ’n skrei­ende naïwi­teit in hul voor­stelle oor finan­sie­ring van grond­her­vorming. Voordat die wêreld, en veral vermoënde Suid-Afri­kaners, oor­tuig is dat korrup­sie en wanad­mini­strasie hanteer word, en dat daar gevolge vir die ver­grypers is, sal vry­willige bydraes tot grond­her­vor­ming nie reali­seer nie. Wie sal ooit enige sken­kings doen as jy ver­moed dat dit in onaan­tas­bare kaders se sakke gaan beland?

Saai onder­skryf volledig die paneel se voorstel dat titel­aktes aan beguns­tigdes van grond­her­vorming oorge­dra moet word. Dit sal ’n scenario ver­hoed waar Suid-Afrika oor tien jaar weer twee kate­gorieë van boere sal hê: wit boere wat hul eie plase besit, en swart boere wat tot ewige bywoner­sta­tus as huur­ders op staats­grond gedoem is. Tog maak die voor­stel geen sin in dieselfde doku­ment waarin ont­eiening sonder vergoe­ding aanbe­veel word nie — tensy die wy­siging aan die grond­wet spesifi­seer dat dit slegs op wit mense van toe­pas­sing is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button