LettersOpinion

Onteiening sal ekonomie vernietig

Die verslag van die presi­densiële paneel oor grond­onteie­ning sonder vergoe­ding in Suid-Afrika is ’n klug en ’n vermor­sing van belas­ting­betalers se geld

Dr. Pieter Groene­wald, Vry­heids­front Plus-leier, skryf:

Die verslag van die presi­densiële paneel oor grond­onteie­ning sonder vergoe­ding in Suid-Afrika is ’n klug en ’n vermor­sing van belas­ting­betalers se geld aan­gesien die ANC se besluit om dit deur te voer, lank reeds bekend is.

Die ANC het reeds aan die einde van Julie ver­lede jaar deur pres. Cyril Rama­phosa gesê die proses is aan die gang om die grond­wet te wysig, en dat niks dit sal keer nie. Verlede Donder­dag is ’n mosie in die parle­ment aan­vaar wat die proses ver­der voer om art. 25 van die grond­wet te wysig om voor­siening te maak vir ont­eiening sonder ver­goeding.

Die VF Plus wil dit bena­druk dat die wy­siging aan die grond­wet en die aan­vaar­ding van ont­eie­ning sonder verg­oe­ding, die land se eko­nomie sal ver­nietig. Dit sal Suid-Afrika onom­keer­baar op die Zim­babwe-roete plaas.

Vir die ANC om te sê die proses moet deur ’n ont­eienings­wet onder­lê word, is mis­leidend. Daar word reeds ver­wys na die betrokke wysigings­wets­ont­werp rakende ont­eie­ning deur byvoor­beeld grond wat net vir speku­lasie­doel­eindes gehou word, sonder vergoe­ding te kan ont­eien.

Die enigste posi­tiewe aan­be­veling van die presi­den­siële paneel is dat ’n behoor­like grond­ou­dit gedoen moet word om te be­paal wie hoe­veel grond in Suid-Afrika besit. Die VF Plus vra al jare lank hier­voor aan­gesien die ANC die narra­tief dat blankes meer as 80% van die grond in die land besit, vir po­litieke doel­eindes mis­bruik. Hierdie leuen kan slegs weer­lê word deur ’n akku­rate grond­oudit.

Daar moet in gedagte gehou word dat die grond­wet wel gewy­sig moet word met ’n twee­derde­meer­der­heid, maar wanneer dit eers gedoen is, kan ’n gewone wet oor die kwes­sie daarna gebruik word met ’n blote meerder­heid van 50% plus een.

Wat sou in die toe­koms gebeur wanneer Suid-Afrika ’n ander presi­dent kry wat grond wil nasiona­liseer? Dan is ’n twee­derde­meerder­heid nie nodig nie, maar slegs ’n gewone meer­der­heid.

Die presi­densiële paneel se ver­slag beves­tig bloot die bestaan­de stand­punt van die ANC om grond te onteien sonder vergoe­ding en dit  is heeltemal onaan­vaar­baar vir die VF Plus.

Related Articles

Back to top button