LettersOpinion

Ingryping nodig om geweld af te weer

Daar sal drin­gende ingry­ping op die hoogste vlak moet kom, selfs van die presi­dent, om ’n moontlike bloed­bad te ver­hinder.

Marcelle Maritz, Vryheids­front Plus: lid van die pro­vin­siale wet­gewer (LPW) en pro­vin­siale leier: Lim­popo, skryf:

Daar sal drin­gende ingry­ping op die hoogste vlak moet kom, selfs van die presi­dent, om ’n moontlike bloed­bad te ver­hinder ná die koel­bloe­dige moord op raads­lid Vaaltyn Kekana, voor­sitter van die open­bare rekeninge­komi­tee in die Moga­la­kwena-mu­nisipa­liteit, en Ralph Kanyane, tak­bestuur­der van die ANC in Moga­la­kwena (Groter Potgie­ters­rus, Baken­berg en Koedoes­rand/Rebone).

Die moord op Kekana en Kanyane skep die gevoel van magte­loos­heid by die gemeen­skap en onder sekere werk­nemers van die munisi­pa­liteit wat moeg geveg is teen korrup­sie in die mu­nisipa­liteit.
Die VF Plus het voor­heen uit hoofde van munisi­pale werk­saam­hede ’n goeie verhouding met Kekana gehad. Hy het hom bewys as ’n eer­bare persoon en het die VF Plus se gevoel oor kor­rupsie en be­drog in die muni­sipa­liteit gedeel.

Dit is jammer dat ’n per­soon wat op­gestaan het teen korrup­sie en bedrog en dit ook onder­soek het, met sy lewe moes boet. Sy dood is ’n be­wys van hoe diep­ge­wortel mis­daad in Moga­la­kwena is aange­sien die VF Plus daar­van oor­tuig is dat dit ’n rol in die moorde gespeel het.

Diegene wat dink hulle het die reg om ie­mand se lewe koel­bloe­dig te neem en dat hulle daar­mee kan weg­kom, is duide­lik onder die indruk dat hulle beskerm sal word.

Die wortel van die kwaad strek verder as net die Moga­la­kwena-munisipa­liteit en daar sal op die hoogste vlak inge­gryp moet word om ’n drei­gende bloed­bad te vermy. Die gemeen­skap se ge­moedere is naby breek­punt.

Die VF Plus dring daarop aan dat die voor­val met groot dringend­heid onder­soek word en dat daar genade­loos teen die skul­diges opgetree word.

Die VF Plus in Lim­popo wil hiermee sy mede­lye uit­spreek teenoor die naas­be­staandes van die vermoor­des en die gemeen­skap van Mogala­kwena.

Related Articles

Back to top button