LettersOpinion

Ons gly in ’n donker gat, sê inwoner

Raadslede se beloftes word nie waar nie en ons weet nie meer wat om te glo nie.

Gegriefde bejaarde, Mook­go­phong, skryf:

Ons dorp word toe­nemend ’n onaan­ge­name, onvei­lige woon­plek, veral vir bejaar­des.

Ons sy­paadjies is on­veilig vir bejaar­des weens talle fiets­ryers wat soos bese­tenes tussen voet­gan­gers deur­vleg. ’n Mens moet veral waak­saam wees by winkels se uit­gange.

Dan is ons hoof­straat ’n renbaan wat deur rei­sigers en inwo­ners mis­bruik word. Almal weet daar is in jare geen spoed­lok­valle gestel nie en daarom jaag hulle na harte­lus voort. Alle verkeers­tekens word na wille­keur verontag­saam en daar is geen wets­toe­passing nie.

Gerugte loop sterk dat daar nie geld is om boeke met boete­kaar­tjies aan te koop nie. Dit maak die ver­keersafde­ling oor­bodig.

Ten spyte van al die be­loftes sukkel ons ook steeds met water­voor­siening. Hier­die probleem sleep al etlike jare voort en ek glo dit sal nooit opgelos word nie. Ons word heel­tyd wol­haar­stories gevoer. Die raadslede se beloftes word nie waar nie en ons weet nie meer wat om te glo nie.

Daar is heeltyd boor­gate wat buite werking is en on­willige kontrak­teurs.

Ons dorp se inwo­ners bestaan hoof­saak­lik uit bejaar­des wat moet meet en pas met ons pensioen­geld. Die ver­gunning van die munisi­pa­liteit vir afslag aan be­jaardes wat daar­voor kwali­fiseer, rea­liseer nie. Ons doen aan­soek, maar wag al jare vir dié ver­gunning.

Etlike jare gelede het ’n blou golf ons dorp met groot fan­fare getref. Dinge het aan­vank­lik belo­wend gelyk en daar is baie beloftes gemaak, maar die uitkoms is teleur­stel­lend.
Ons gly al vinniger in ’n donker gat in. Dit voel asof daar geen hoop is nie. (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button