LettersOpinion

Doen jou plig en verhoed katastrofe

Dit is ’n belangrike vereiste van die wet dat el­ke grond­eie­naar sy of haar grond en hul bu­re s’n met be­hoor­li­ke brand­ba­ne moet be­vei­lig.

Chris Wag­ner, Be­la-Be­la, skryf:

Ek ver­wys na Die Pos se ar­ti­kel van Vrydag 19 Ju­lie 2019 oor die be­plan­de brand van mu­ni­si­pa­le grond om so­ge­naam­de vei­lig­heids­re­des.

Die Be­la-Be­la-brand­be­stry­dings­ver­e­ni­ging kan on­ge­luk­kig nie sy toe­stem­ming verleen vir dié be­oog­de on­deur­dag­te oe­fe­ning nie.

Dit is al­om­be­kend dat die brand­ver­e­ni­ging, in be­lang van die dorp se in­wo­ners, die na­tuur­skat van die Wa­ter­berg in en rond­om Be­la-Be­la in terme van die “Boswet” teen brand­ge­vaar be­skerm en sal aan­hou be­skerm.

Dit is ’n belangrike vereiste van die wet dat el­ke grond­eie­naar sy of haar grond en hul bu­re s’n met be­hoor­li­ke brand­ba­ne moet be­vei­lig. Die plaas­li­ke mu­ni­si­pa­li­teit het nog al­tyd in ge­bre­ke gebly hiervan ten op­sig­te van die grond on­der sy be­heer.

Ons na­tuur­skat is en bly die be­lang­rik­ste, en dalk e­nig­ste, trek­pleis­ter vir be­leg­gers.

Die e­mo­sio­ne­le be­vre­diging wat die on­ge­rep­te na­tuur aan in­wo­ners en be­soe­kers ver­leen, is weergaloos.

Die be­trokke stuk grond be­hoort aan die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit en, af­ge­sien van dié ver­suim, moet hy ook be­hoor­li­ke be­heer daar­oor uit­oe­fen soos deur om­hei­ning en deur­lo­pen­de pa­trol­lies, asook om e­ni­ge be­tre­ders vas te vat.

Die wet op be­tre­ding is tot die be­skik­king van el­ke grond­eie­naar en kan met po­si­tie­we en daad­werk­li­ke sa­me­wer­king van die po­li­sie en ho­we af­ge­dwing word.

Die berig wys inder­waarheid die munisipa­liteit se skok­reaksie en pligs­ver­suim uit waaruit gevol­ge kan spruit waar­voor nie­mand op die ou einde ver­ant­woor­de­lik­heid sal aan­vaar nie.

Die vraag wat be­ant­woord moet word, is of ons nou die Wa­ter­berg-Bos­veld tot op die grond moet af­brand weens ons pligs­ver­suim omdat daar ’n moont­li­ke boef ag­ter el­ke bos mag skuil.

Nee wat, laat elk­een sy plig doen en dan is des­pe­ra­te op­tre­de met ver­nie­ti­gen­de ge­vol­ge nie no­dig nie.

Related Articles

Back to top button