LettersOpinion

Wat gaan in Modimolle/Mookgophong aan?

Dit lyk dit asof dinge in Modi­molle bloed­wei­nig, indien enig­sins, ver­beter het.

Pieter Raath, Bela-Bela, skryf:

’n Sondag­koe­rant het on­langs ’n onder­houd met Bon­gani Baloyi, DA-burge­meester van Mid­vaal, gepu­bliseer.

Dit is duide­lik dat hy stewig in die saal is. Die muni­sipa­liteit floreer, korrup­sie is onder be­heer, munisi­pale ampte­nare is op hul tone en dit is die enigste munisi­pa­liteit in Gau­teng wat ’n skoon oudit ont­vang het.

In Johannes­burg en Tshwane, waar die DA ná die laaste munisi­pale ver­kiesing met die steun van die EFF beheer oor­ge­neem het, het sake die afgelope drie jaar aan­sienlik ver­beter. Korrupsie is blyk­baar groot­liks uitge­roei, korrupte ampte­nare tot verant­woor­ding geroep en reuse­skuld wat onder korrupte ANC-besture opge­bou is, is groot­liks afbe­taal.

Selfs in Mandela­baai het sake aan­sienlik ver­beter totdat Athol Trollip, moont­lik deur sy onver­set­like hou­ding, beheer vir die DA verloor het.

In teen­stelling daarmee lyk dit asof dinge in Modi­molle, wat ook deur die DA in same­wer­king met die EFF beheer word, bloed­wei­nig, indien enig­sins, ver­beter het. Trouens, die munisi­pa­liteit is selfs onder ad­ministra­tiewe bestuur geplaas.

Ampte­nare word telkens ver­wyt vir die wan­bestuur, wat wys dat die raad nie in beheer is nie. Die vraag is dus of daar enige spe­siale omstan­dig­hede in Modi­molle heers en of die burge­mees­ter en haar raad gewoon net nie oor die ver­moë beskik om die munisi­pa­liteit doel­tref­fend te bestuur nie?

Related Articles

Back to top button