LettersOpinion

TLU SA sê hy het geen vertroue in verslag oor grondhervorming

Nie die regering of enige van sy instel­lings het enige belang­stel­ling daarin getoon nie.

Henk van de Graaff, voor­sitter: TLU SA, eien­doms­reg­komitee, skryf:

Die Trans­vaalse Landbou-unie (TLU SA) neem kennis daarvan dat die presi­den­siële raad­gewende paneel oor grond­her­vorming en land­bou sy verslag aan pres. Cyril Rama­phosa oor­handig het.

TLU SA is baie skepties oor die verslag en koester geen positiewe hoop oor die inhoud daar­van nie. TLU SA is geen geleent­heid gebied om enige insette daarin te lewer nie terwyl ons reeds etlike jare gelede ons plan vir vol­hou­bare land­bou bekendgestel het. Nie die regering of enige van sy instel­lings het enige belang­stel­ling daarin getoon nie; waar­skynlik omdat dit fokus op die vrye­markbeginsels.

Die feit dat daar ’n minder­heids­ver­slag saam­gestel is — ook vanuit georgani­seerde landbou omdat ook hul insette nie vervat is in die finale verslag nie — versterk die ver­moede dat hierdie verslag net ’n eggo is van die rege­ring se sosia­listiese stand­punte, sonder om die ak­tiewe land­bou­gemeen­skap se voor­stelle te oor­weeg. Dit gaan waarskynlik weer meer van ’n polities-ideologiese dokument wees, eerder as ’n eko­nomiese doku­ment wat op groei fokus.

TLU SA stel dit op rekord dat ons ons nie gebonde ag aan enige bevin­ding of voor­stel in die verslag nie en dat daar volle­dig op die inhoud gerea­geer sal word sodra dit ampte­lik bekend gestel word.

Related Articles

Back to top button