LettersOpinion

Ambassadeur skuld Suid-Afrika ’n verskoning

Mandela het van­uit ’n sukses­volle Euro­sen­triese land ’n kwet­sende aan­val op blankes in haar eie land gedoen en hulle “grond­diewe en apart­heids­apo­logete” genoem wat soos “genooide gaste weier om te loop”.

Dr. Pieter Groene­wald, Vry­heids­front Plus-leier (VF Plus), skryf:

Die ras­sistiese en ver­de­lende uit­sprake van Zindzi Man­dela, Suid-Afrika se ambas­sadeur in Dene­marke, is onaan­vaar­baar.

Die VF Plus sal daar­op aan­dring dat die rege­ring onver­wyld teen haar optree.

Die ironie ont­gaan Mandela straks dat sy van­uit ’n sukses­volle Euro­sen­triese land ’n kwet­sende aan­val op blankes in haar eie land doen en hulle “grond­diewe en apart­heids­apo­logete” noem wat soos “genooide gaste weier om te loop”.

Sy is boon­op bereid om ’n ruim vergoe­ding te ont­vang as ambassa­deur in ’n Europese land.

Sy, as am­bassadeur, is ’n versko­ning aan alle Suid-Afri­kaners verskul­dig. Dit vry­waar haar nie van gevol­ge omdat sy die uit­sprake vanuit die buite­land gemaak het nie.

Daar is ook geen manier hoe sy dit kan reg­verdig deur te sê dit is in haar privaat hoe­danig­heid gemaak nie. Enige uit­spraak van ’n hoë­profiel-regerings­ampte­naar op ’n sosiale mediaplat­form vir die wêreld om te sien, is nie privaat nie.

Tot nou het die ANC-regering ver­kies om ander­pad te kyk wan­neer swart politici blankes aan­geval en open­lik rasse­haat aange­blaas het.

In hierdie geval sal die rege­ring nie net kan swyg nie aange­sien een van sy ambassa­deurs be­trokke is. Stilswye sal ’n luide bood­skap van goed­keuring uitstuur vir hierdie soort rassis­tiese retoriek wat werk­lik skade­lik vir rasse­ver­hou­dinge in Suid-Afrika is, maar wat ook groot skade aanrig aan die land se beeld in die buite­land.

Die VF Plus sal hierdie saak in die belang van alle vrede­lie­wende Suid-Afrika­ners nie daar laat nie. Mandela moet verant­woor­ding doen vir haar on­verantwoor­delike op­trede.

Related Articles

Back to top button