LettersOpinion

Wend belastingfondse reg aan

Inkomste vir ’n deel van die begro­ting word hoof­saak­lik verkry uit die vorde­ring van eien­doms­belas­ting.

Bosveld-belasting­betaler, via e-pos, skryf:

’n Nuwe boek­jaar, vir onder meer ook muni­sipa­liteite, het amptelik op Saterdag 1 Junie begin.

Een van die afde­lings van die munisi­pale begro­ting is soge­naamde belas­ting­fondse.

Die inkomste vir dié deel van die begro­ting word hoof­saak­lik verkry uit die vorde­ring van eien­doms­belas­ting.

Belasting­fondse word dan onder meer aange­wend vir die onder­houd en instand­hou­ding van daar­die munisi­pale dienste waar­aan nie ’n reg­streekse inkomste gekoppel is nie, of wat nie vol­doende in­komste gene­reer om uit­gawes ver­bonde aan daardie dienste te finan­sier nie.

Onder daardie dienste tel onder meer begraaf­plase. Die inkomste wat uit die verkoop van grafte bekom word, is selde vol­doende vir die onder­houd en instand­hou­ding van be­graaf­plase. Gevolglik word belasting­geld aange­wend ter aan­vul­ling van tekorte in hierdie afdeling.

Daar is kort-kort berigte in die media van gemeen­skaps­pro­jekte soos byvoor­beeld die skoon­maak van parke.

Waarom moet die gemeen­skap verantwoordelikheid aanvaar vir die lewe­ring van dienste wat op die ter­rein van die munisi­pa­liteit is en waar­voor eien­doms­belas­ting gevorder word?

Die Pos het verlede week berig oor kinders van Mook­go­phong wat die begraaf­plaas help opruim het. ’n Munisipale raads­lid het glo die swart­sakke en hand­skoene voorsien wat vir die op­ruimings­pro­jek gebruik is. Na regte moes daardie raads­lid aan die kin­ders ver­duidelik het wat van die belas­ting­geld word wat hul ouers betaal en wat ver­onder­stel is om vir die onder­houd en instand­hou-
ding van die begraaf­plaas gebruik te word.

Related Articles

Back to top button