LettersOpinion

Plant eerder iets in die tuine wat mense kan eet

Haal daar­die struik wat jaar­liks bla­re ver­loor nou al uit en plant ’n vrugteboom waarvan ’n mens die vrugte kan ge­niet.

Leser, Modimolle, skryf:

Met boom­plant­dag op die ho­ri­son kan mense dit ge­rus oor­weeg om van­jaar ’n si­trus­boom te plant.

Haal daar­die struik wat jaar­liks bla­re ver­loor nou al uit en plant ’n vrugteboom waarvan ’n mens die vrugte kan ge­niet. Maak se­ker dit is ’n sterk plant wat in ’n hou­er ge­ves­tig is. Plant gerus ’n glad­de­skil suur­le­moen, pit­lo­se nar­tjie of ka­raka­ra na­wels.

Si­trus­bo­me is nie-blad­wis­se­lend, im­mer­groen en die vrug­te is goed vir die win­ter. Ont­hou dit is ge­voe­lig vir ryp in die win­ter. Moe­dig ook sommer die bure aan om ’n ek­stra nar­tjie­boom te plant.

In Bos­veld­sig in Mo­di­mol­le groei die jaar­le­moen-, ka­raka­ra-, nar­tjie-, suur­le­moe­n- en koem­kwatbome baie mooi!

Related Articles

Back to top button