LettersOpinion

Misdaad: Regering het vermoë verloor om publiek te beskerm

Anargie is ’n woord wat die VF Plus nie ligtelik gebruik nie. Dit is ’n toe­stand in ’n land waarin geen gesag geld nie, waarin niemand reëls of wette gehoor­saam nie en waar die regering geen beheer uitoefen nie. Suid-Afrika stuur in hierdie rigting.

Dr. Pieter Groenewald, Vryheids­front Plus (VF Plus), leier, skryf:

Misdaad is lank reeds buite beheer in Suid-Afrika, maar gebeure oor die laaste paar dae laat die gevaar­ligte helder­rooi flikker oor die rege­ring se onver­moë om die publiek te beskerm.

Indien misdaad nie nou gestuit word nie, is anar­gie onafwend­baar en die VF Plus doen ’n dringende beroep op die rege­ring om die gevaarte­kens nie langer te ignoreer nie.

Anargie is ’n woord wat die VF Plus nie ligtelik gebruik nie. Dit is ’n toe­stand in ’n land waarin geen gesag geld nie, waarin niemand reëls of wette gehoor­saam nie en waar die regering geen beheer uitoefen nie. Suid-Afrika stuur in hierdie rigting.

Die besettings van Kaapse plase, aanvalle op vrag­motors landwyd en die vernie­tiging van treine en trein­waens in die Kaapse Skier­eiland kan nie langer as geïsoleerde voor­valle afgemaak word nie. Die feit dat dit onge­hinderd voort­duur, wys die rege­ring het sy intelligen­sie­vermoë ten opsigte van mis­daad­voorkoming bykans heelte­mal verloor.

Die rede hiervoor is die onbe­voegd­heid van politieke- en opera­sionele personeel en die feit dat die vermoë wat wel oorgebly het, oor die laaste jare hoofsaak­lik aange­wend is in politie­ke binne­gevegte van die ANC en die regering.

Suid-Afrika betaal nou ’n duur prys daar­voor en dit kan aan­sienlik versleg aan­gesien die ekonomie en misdaad direk gekoppel is. Misdaad striem ekonomiese groei en ’n swak ekonomie en gepaard­gaande werk­loosheid lei tot misdaad.

Vyftien plase, waaronder die bekende wynland­goed D’Aria by Durban­ville net buite Kaapstad, moes onlangs die hof nader vir bevele om besetters van hul grond af te kry nadat die EFF briewe versprei het onder werkers waarin mense aange­hits is om grond te beset.

Luidens media­berigte was die BLF-leier, Andile Mngxitama, se naam op die briewe waarin mense aangesê is om “landbougrond van wit diewe af te vat”. Selfs nadat ’n uitsettingsbevel in die D’Aria-geval toegeken is, het Mngxitama glo gesê die BLF en sy volge­linge sal bloot ander plase teiken.

Sewentien swaar­voertuie is aan die brand gesteek in ’n reeks voor­valle in Gauteng, Kwa­Zulu-Natal, die Wes- en Oos-Kaap en Mpuma­langa.

In Kaapstad is twee treine en ver­skeie waens die naweek aan die brand gesteek. Verlede maand het tien waens op die Kaap-stad-stasie uitge­brand met ’n geraamde skade van R33 miljoen. Dit vorm deel van ’n reeks aan­valle oor ’n lang tydperk op die Kaapse Metro-trein­stelsel.

In Alexandra, Johannes­burg, het i­n­woners mede-inwoners se huise aan die brand gesteek nadat die Johannes­burgse Metro­polisie onwettige strukture laat afbreek het. Verlede Vrydag is ’n kliniek in die Strand naby Kaapstad aan die brand gesteek en ver­woes.

Bogenoemde wys dat daar ernstige gebreke in die polisie en die misdaad­voor­komings­organe van die staat is. Vervolging en strawwe is ontoe­reikend en dien nie as vol­doende afskrik­middel nie.

’n Potensieel ewe ge­vaarlike voort­vloeisel van die misdaad­situasie is die rasse­wry­wing wat dit veroor­saak. Die VF Plus sal ernstig met die rege­ring oor mis­daad in gesprek tree en sal aanhou om die internasio­nale gemeen­skap bewus te maak van die ANC se onver­moë om te regeer.

Daar moet indrin­gend aandag gegee word aan lande­like bevei­liging en die hulp­bronne tot die polisie se beskik­king, in veral landelike gebiede om misdaad­voor­koming te prioriti­seer.

Die VF Plus doen ’n beroep op almal in Suid-Afrika om die party se hand te vat en hom te steun in sy stryd teen mis­daad wat almal in Suid-Afrika bedreig.

Related Articles

Back to top button