LettersOpinion

Wat skuil agter kap van die byl?

’n Mens kan eint­lik nie dink aan iets wat nog nie belas is om die staat se wiele aan die rol te hou nie.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Die Na­sio­na­le Ener­gie Re­gu­leer­der is glo tans be­sig met die on­der­soek en op­stel van re­gu­la­sies oor die ge­bruik van son­pa­ne­le en krag­op­wek­kers.

Dit sal in­te­res­sant wees om te weet wat ag­ter die kap van die byl skuil?

’n Mens kan eint­lik nie dink aan iets wat nog nie belas is om die staat se wiele aan die rol te hou nie. Vars lug en lig is se­ker die vol­gen­de op die agen­da.

In­dien son­pa­ne­le en krag­op­wek­kers be­las sou word, is my vraag: is ker­se, lam­pe en kool­sto­we ook op die lys?

Krag­op­wek­kers op wie­le en krui­waens sal se­ker voort­aan ge­re­gi­streer en van nom­mer­pla­te voor­sien moet word.

Related Articles

Back to top button