LettersOpinion

Aangename verrassing op stemdag

Ek het my kruisie met ’n dank­bare hart getrek.

Jane Levin, Pano­rama Park, Bela-Bela, skryf:

Ek wil graag my onder­vinding van stemdag met die lesers van Die Pos deel.

Ek was reeds vroeg uit die vere en by die stembus, maar groot was my verba­sing toe daar reeds ’n lang ry kiesers ge­duldig gestaan en wag het om hul kruisies te trek. ’n Vriende­like, maar onbekende vrou, het aan die kiesers voor my gevra of hulle my as senior burger die geleent­heid sal gee om voor in die ry te staan, waarop hulle sonder huiwe­ring inge­willig het.

Ek het my kruisie met ’n dank­bare hart getrek en met die uitkom­slag was ek stom­verbaas toe die mense in die ry spontaan vir my hande geklap het.

Baie dankie vir dié mooi gebaar. Dit word opreg waar­deer.

Related Articles

Back to top button