LettersOpinion

Nie geringe bydrae, sê party

Jou krui­sie langs die VF Plus maak dit vir ons moont­lik om ’n gro­ter aan­deel aan wet­ge­wing, diens­le­we­ring en sta­bi­li­teit te hê.

Karel Nie­wenh­uis, adjunk- provinsiale leier, Vry­heids­front Plus, skryf:

Die­­g­e­­ne wat op Woens­dag 8 Mei hul stem vir die VF Plus ge­gee het, maak geen ge­ringe by­drae tot ’n be­ter Suid-Afri­ka nie.

Daar­om wil ons van die ge­leent­heid ge­bruik maak om elk­een wat die par­ty on­der­steun het, van har­te te be­dank.

Die doel­treffend­heid van eni­ge or­ga­ni­sa­sie hang van be­gin­sel­vas­te, doel­ge­rig­te on­der­steuners af en nie slegs van die­ge­ne wat on­ver­poosd hul tyd, aan­dag en kun­dig­heid deel nie.

Die feit dat die par­ty se steun ver­dub­bel het, is die ge­volg van daad­werk­li­ke, vol­ge­houe op­tre­de op ver­skeie ter­rei­ne. Voor­beel­de strek van die in­tree vir Trans­net se pen­sioen­trek­kers, on­om­won­de teë­stand teen grond­ont­eie­ning son­der ver­goe­ding, taal­reg­te van min­der­heids­groe­pe in­slui­tend Afri­kaans, reg­ver­di­ge be­han­de­ling vir dié wat op grond van ras in die werks­plek be­na­deel word, tot ’n hof­ge­ding teen die oor­tre­ding van die Kies­wet.

Die par­ty dring nie aan op voorkeurbe­han­de­ling nie, maar op ge­ly­ke reg­te vir al­le bur­gers.

Jou krui­sie langs die VF Plus maak dit vir ons moont­lik om ’n gro­ter aan­deel aan wet­ge­wing, diens­le­we­ring en sta­bi­li­teit te hê. Die VF Plus kan nie as ’n ver­reg­se, kon­ser­wa­tie­we par­ty be­skou word nie, maar eer­der ’n par­ty wat tred hou met die mo­der­ne aan­slag van re­ge­ring.

Hier­uit lei dat dit geen ras­sis­tie­se party is nie, maar self­be­skik­king en min­der­heids­reg­te be­vor­der.

Die VF Plus se on­der­steu­ners hoef nie langer by die DA te skuil teen die ANC nie, maar het ’n per­ma­nen­te tuis­te ge­vind.

Die kiesers het die groen lig ge­gee vir ’n par­ty wat in­wo­ners van al­le ras­se se be­lange op die hart dra en hul­le nie aan goed­koop po­li­tie­ke­ry skul­dig maak nie.

Met u steun kan ons met ’n werk­ba­re eko­no­mie­se be­leid ’n by­drae maak om hier­die skip te help draai. En dit be­te­ken werk­skep­ping, be­leg­gings en ’n ver­be­ter­de le­wen­stan­daard vir al­mal.

Related Articles

Back to top button