LettersOpinion

Respek moet verdien word

“Wanneer jy respek aan jou opponent betoon, respekteer jy jouself.”

John Fourie, Bela-Bela, skryf:

“Wanneer jy respek aan jou opponent betoon, respekteer jy jouself.”

Dié aanhaling van John-Laffnie de Jager is verlede week in ’n dagblad gebruik.

Ek het dit verlede Saterdag eerstehands ervaar in die eerstespanrugbywedstryd tussen hoërskole Nylstroom en Warmbad.

Volgens die lys van spelers wat verlede week in Die Pos gepubliseer is, was Zandré Booyzen Hoërskool Nylstroom se skrumskakel.

Laat in die tweede helfte is hy met ’n ander speler vervang terwyl ’n skrum besig was om gevorm te word. Net voordat hy van die veld gedraf het, het hy bladgeskud met sy direkte opponent en iets vir hom gesê.

Wat gesê is, maak nie saak nie. Wat gedoen is, het meer as woorde gespreek.

Voorwaar ’n speler om op trots te wees.

Related Articles

Back to top button