LettersOpinion

Is dit nou ‘boer’ of ‘Boer’?

Enersyds het die woord 'boer' ’n historiese patriotiese betekenis en andersyds vir sommiges ’n negatiewe politieke konnotasie.

Boerevriend, Bela-Bela, skryf:

Die uitdrukking “boer” het twee betekenisse, afhangend daarvan of dit “boer” of “Boer” gespel word.

Is die spelling “boer”, dui dit op die persoon wat sy brood as landbouer verdien en meewerk daartoe dat ’n nasie kos op die tafel het.

Die uitdrukking “Boer” kan minstens twee ander betekenisse inhou. Enersyds het dit ’n historiese patriotiese betekenis en andersyds vir sommiges ’n negatiewe politieke konnotasie.

Die politieke konnotasie word weens geskiedkundige omstandighede deur veral sekere bevolkingsgroepe in ’n wrang sin gebruik.

Wanneer in die spreektaal na “boere” verwys word, is dit soms verwarrend of “boere” of “Boere” ter sprake is.

In ’n verwysing na geskiedkundige gebeure is die uitdrukking “Boer” ter sprake. Vir oningeligtes is die onderskeid tussen “boer” en “Boer” nie duidelik nie. Wat teen die “Boer” gemik is, word op die “boer” uitgehaal en andersom.

Die onderskeid sal dalk duideliker blyk indien die woord “boer” met die woord “landbouer” vervang word.

Related Articles

Back to top button