LettersOpinion

Die vroegoggendreuke van die Bosveld sit ’n mens aan die dink

As ek my naam by die poskantoor of polisiestasie sê, kry die beampte so ’n lawwe glimlag, “oooh, Paul Smith?” Vir ’n oomblik verbeel ek myself ek is beroemd.

Paul Smith, Bela-Bela, skryf:

Dit is Saterdagoggend vroeg; die son kom net-net oor die Bosveld op.

Veldrymotorfietse word versigtig van bakkies en sleepwaens afgelaai terwyl die stofwolke soos mis in die flou sonnetjie deur die doringbome dryf. Elders word ’n motorboot oor die spieëlgladde water van een van ons binnelandse damme die water ingestoot.

’n Windstiloggend; slegs die son se weerkaatsing en die draai van ’n knewelvis wat die oppervlak versteur. Die motorfietse word met helderkleurige stewels aan die brul geskop, ’n blou rookwolkie en die skril “stem” verklap dié tweeslagvoertuig se natuur.

Agter die boot vorm ’n reënboog van kleure in die dun lagie olie wat op die water dryf; dieselfde blou rokie peul nou op verskeie plekke uit en die enkele skril brul het nou volume gekry.

Die vroegoggendreuk van ’n tweeslag- enjin hou soveel belofte in. Vandag gaan ’n goeie dag wees. Die visse gaan byt en die son gaan skyn. Vanmiddag gaan die tjoppies perfek gebraai word terwyl my span gaan wen.

Nuwe paaie gaan verken word, ons gaan vriende maak en die bier sal yskoud wees. Die reuk van tweeslag-olie wat brand verteenwoordig vir menige petrolkoppe die begin van ’n onvergeetlike dag.

Die modebewustes sal weet daar is ’n ontwerper waarmee ek ’n naam en van deel. As ek my naam by die poskantoor of polisiestasie sê, kry die beampte so ’n lawwe glimlag, “oooh, Paul Smith?” Vir ’n oomblik verbeel ek myself ek is beroemd. Die modeontwerpers het mos almal deesdae hul eie geur parfuum.

As ek die dag beroemd is, maak ek “two stroke” in ’n “after shave”.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button