LettersOpinion

Pleidooi aan munisipaliteit oor padtekens ná skooltragedie

Daar is tans geen aanduiding van spoedbeperkings wanneer motorryers Bela-Bela vanaf Alma binnekom nie.

Charles Weber, voorsitter: Tuintuiste 2-bestuursraad, Bela-Bela, skryf:

Ek wil graag Tuintuiste-inwoners se innige meegevoel en simpatie aan die ouers en familie van klein Roger Trosello van Bela-Bela betuig.

Ons as bestuursraad van Tuintuiste 2, wat direk langs Laerskool Warmbad geleë is, wil graag help om enige toekomstige ongelukke in hierdie omgewing te voorkom.

Die bestuursraad en die hoof van Laerskool Warmbad het sowat drie jaar gelede ’n versoek aan die Bela-Bela-munisipaliteit gerig om spoedwalle en padtekens by twee plekke aan te bring sodat voertuie wat die dorp van die Alma-kant benader, se spoed beheer kan word.

Daar is tans geen aanduiding van spoedbeperkings wanneer motorryers Bela-Bela vanaf Alma binnekom nie.

Die versoek is toegestaan en daar is begroot vir dié uitgawe, maar tot dusver het dit nie gerealiseer nie.

Talle padverbruikers wat die dorp via Robertsonweg binnery, oorskry die spoedgrens en skep só ’n gevaar vir Tuintuiste se inwoners, asook leerders van Laerskool Warmbad.

Ons vertrou dat die munisipaliteit hierdie pleidooi sal lees en hul belofte van drie jaar gelede sal nakom.

Met dié nodige veiligheidsmaatreëls kan ongelukke moontlik vermy word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button