LettersOpinion

Geen stem beteken steun vir regering

Het u geweet dat ’n wegblystem ’n stem vir die huidige regering is?

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Het u geweet dat van die miljoene volksvreemdes wat Suid-Afrika sedert 1994 binnestroom, asook van hul kinders, aanstaande maand by die stembus u en my toekoms kan bepaal?

Die regering se lokmiddels van gratis woonhuise, elektrisiteit, water, hospitale, skole, universiteite en kindertoelaes is mos hemel op aarde! Voeg daarby verdere staatstoelaes en jy is verseker om tot in ewigheid te regeer.

Met al hierdie seëninge en die moontlikheid van ’n plaas wat sonder vergoeding onteien kan word, kan ’n man mos maar begin om geboue, kerke en vragmotors aan die brand te steek om beloftes te verhaas.

Het u geweet dat ’n wegblystem ’n stem vir die huidige regering is?

Related Articles

Back to top button