LettersOpinion

Trekkerklub sê dankie vir ondersteuning

Die organiseerders van die Settlers veteraantrekker- en -enjinklub bedank die meer as 400 mense wat die genotvolle en suksesvolle opedag op Saterdag 16 Maart saam met ons deurgebring het.

Hannes van Heerden en Robbie Weir skryf:

Die organiseerders van die Settlers veteraantrekker- en -enjinklub bedank die meer as 400 mense wat die genotvolle en suksesvolle opedag op Saterdag 16 Maart saam met ons deurgebring het.

Baie dankie aan Die Pos-koerant wat elke jaar deel van die voorbereidings en reklame is.

Groot dank aan ons gereelde borge en skenkers, meestal ondernemings in Settlers en Modimolle, vir hul ondersteuning.

Die Settlers-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) en kerke vir hul stalletjies met heerlike eetgoed. Die gaste kon kies en keur aan die smulhappies wat aangebied is.

’n Groot dankie ook aan lede van die Hoëveld Trekker- en Enjinklub (HVTEK), asook familie en vriende wat van heinde en ver gekom het om saam met ons op die Vlakte te kuier.
Volgende jaar maak ons weer so!

Related Articles

Back to top button