LettersOpinion

Die skrif is aan die muur vir Eskom

Dit is ’n skande dat die publiek weer die las moet dra van Eskom se verhoogde tarief van 9,4% om op te maak vir die wanbestuur by die kragvoorsiener.

Adv. Anton Alberts, Vryheidsfront Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder: Energie, skryf:

Dit is ’n skande dat die publiek weer die las moet dra van Eskom se verhoogde tarief van 9,4% om op te maak vir die wanbestuur by die kragvoorsiener.

Daar is nou ook erken dat die nuwe peperduur kragsentrales Medupi en Kusile in werklikheid wanfunksioneel is weens swak beplanning en bouwerk waarin korrupsie sonder twyfel ’n baie groot rol gespeel het.

Eskom sal moet optree en die diensverskaffers wat die sentrales opgerig het, verantwoordbaar hou om die geld wat daar vermors is, te verhaal.

Dit kan nie van die belastingbetalers ver-wag word om hierdie rekening ook te vereffen nie. Verbruikers kan eenvoudig nie verder gemelk word deur verhogings weens die wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie wat kenmerkend van alles is waarby die ANC betrokke is nie. Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers was die afgelope jaar slegs 0,8%.

Die nuwe kragverhoging moet hierteen gemeet word.

Intussen moet Eskom dringend optree om te verseker dat wanbetalers begin om uitstaande skuld te betaal, veral wat plekke soos byvoorbeeld Soweto betref. Diensverskaffers wat ingevolge swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kontrakte gekry het, moet verantwoordelik gehou word vir hul swak diensverskaffing. Gelde wat aan dié diensverskaffers betaal is, moet verhaal word.

Dit verander nie aan die feit dat Eskom geprivatiseer moet word en gesonde mededinging toegelaat moet word in die kragopwekkingsveld nie.

Related Articles

Back to top button