LettersOpinion

Dienslewering bly ’n kopseer

Party mense voel dit het beter gegaan toe die ANC aan bewind was. Eers was die verskoning dat die DA in die minderheid in die raad is, en toe word die DA die meerderheid.

Yvonne du Toit, Mookgophong, skryf:

Die waterpompe, waarvan ons dorp blykbaar vier het en wat saam 1 miljoen liter water per dag lewer, is glo buite werking.

Party mense voel dit het beter gegaan toe die ANC aan bewind was. Eers was die verskoning dat die DA in die minderheid in die raad is, en toe word die DA die meerderheid.

Nogtans vermaan ’n DA-raadslid ’n inwoner wat kla oor die watersituasie op WhatsApp-groep om maar te beplan vir ’n watertenk, want “die watersituasie wat deur die ANC bestuur word, sal nie oornag regkom nie.”

Wie moet nou blameer word vir die stukkende pompe en wie moet die verantwoordelikheid neem om dit te herstel? Hoe het die ANC dan nou nog steeds beheer oor die water? Vermoed die raadslid dalk dat die DA nie weer die pyp in die verkiesing gaan rook nie omdat kiesers voel hulle word in die steek gelaat?

Intussen is daar inwoners in Gholfpark wat gereeld op warm dae sonder water is wanneer ander inwoners tuine natlei. Dan neem dit dae voordat daar weer behoorlik water in die krane is. Baie inwoners kan nie watertenks bekostig nie.

Al kan inwoners tydens ’n krisis na hul eie waterbehoeftes omsien, kan daar tog nie toegelaat word dat pompe vir maande buite werking gelaat word nie. Dan word die probleem net erger.

Kan die DA asseblief vir die inwoners duidelikheid oor die aangeleentheid gee?

Related Articles

Back to top button