LettersOpinion

Waterberg-boere vergader oor water, krag en grondonteiening

Landbou in Suid-Afrika ervaar ’n groot mate van onsekerheid oor sake wat hul toekoms en voortbestaan bedreig.

Kobus Nel, Doornfontein, skryf:

Landbou in Suid-Afrika ervaar ’n groot mate van onsekerheid oor sake wat hul toekoms en voortbestaan bedreig.

Henk van de Graaf, voorsitter van die Noordstreek van TLU SA, bespreek eersdaags die voorgestelde wysigings oor artikel 25 van die grondwet met plaaslike boere. TLU SA het reeds by verskeie geleenthede sy teenkanting teenoor die onteiening van grond sonder vergoeding uitgespreek en het reeds verskeie kere voorstelle aan die ANC-regering oor alternatiewe oplossings voorgelê.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, sal aan boere verduidelik hoe die munisipaliteit se hoë uitstaande skuld aan verskeie krediteure hanteer word en hoe dit die landbouer gaan raak.

Voorts sal Wiets Botes, voorsitter van die Waterberg-sakekamer, praat oor die invloed wat kragonderbrekings en die gebrek aan ononderbroke be-skikbaarheid van water op onder-nemings het.
Sakelui en boere ervaar in baie opsigte dieselfde probleme en ’n gespreksforum is vir Donderdag 21 Februarie by die Doornfontein-feesterrein gereël.

Die verrigtinge begin om 13:00 met ligte verversings en verskeie sprekers sal om 14:00 die verhoog inneem. Alle landbouers word genooi om hul vrae te vra en oplossings voor te stel. Toegang is gratis en almal is welkom.

Related Articles

Back to top button