LettersOpinion

Politici moenie kinders as politieke speelballe gebruik

Oproerige betogers het verlede Vrydag hul misnoeë te kenne gegee deur voor die skool te betoog en die situasie het later handuit geruk toe bakstene deur vensters gegooi is en ’n ouer glo ’n onderwyser aangerand het.

Michal Groenewald, Vryheid Front Plus (VF Plus ): provinsiale leier, Noordwes, skryf:

Die jongste politieke speelbal vir die ANC-regering en ander politieke opportuniste is die onderwysers en leerders van Hoërskool Stilfontein in Noordwes.

Die skool word van rassisme en diskriminasie beskuldig nadat sekere leerders na ’n volgende graad bevorder is terwyl ander teruggehou is.

Oproerige betogers het verlede Vrydag hul misnoeë te kenne gegee deur voor die skool te betoog en die situasie het later handuit geruk toe bakstene deur vensters gegooi is en ’n ouer glo ’n onderwyser aangerand het.

Die VF Plus veroordeel hierdie optrede ten sterkste. Noordwes se onderwysdepartement het reeds verskeie vergaderings met die skool en ander rolspelers gehad en ’n ondersoek is deur die departement van stapel gestuur soos deur toepaslike wetgewing bepaal word.

Dit is onaanvaarbaar dat betogers aangehits word tot geweld vir politieke gewin.

Ouers en leerders moet die departement toelaat om sy ondersoek te voltooi en nie in die proses die skool afbreek nie.

Die VF Plus sal Sello Lehari, LUR vir onderwys, herinner aan die plig wat op die departement rus om toe te sien dat leerders en onderwysers veilig is by skole, soos deur die Skolewet bepaal. Die departement moet toesien dat oortreders wat skooleiendom beskadig en hul skuldig maak aan enige vorm van misdaad, soos aanranding en intimidasie, behoorlik vervolg word.

Related Articles

Back to top button