LettersOpinion

Waarom dan nog voedsel produseer?

Dit kos meer as R6 000 per hektaar om te ploeg en te plant en boere sal dus twee keer dink om daardie groot insetkoste aan te gaan.

Woordvoerder, Transvaalse landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA), skryf:

Die uitslag van die parlementêre hersieningskomitee om voor te stel dat die land se grondwet gewysig moet word om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, het nie vir TLU SA as ’n verrassing gekom nie aangesien dit te wagte was in die lig van die twyfelagtige prosesse wat gevolg is en die emosionele opswepery wat daarmee gepaard gegaan het.

Hierdie voorstel beteken dat talle Suid-Afrikaanse boere nou in twyfel verkeer of hulle nog enigsins vir die nuwe seisoen moet plant of nie.

Dit kos meer as R6 000 per hektaar om te ploeg en te plant en boere sal dus twee keer dink om daardie groot insetkoste aan te gaan as daar ’n groot moontlikheid is dat die grond gevat kan word en hulle alles kan verloor.

Pres. Cyril Ramaphosa moet nou maar vir hulle sê of boere wel die koste moet aan-gaan om te plant of te wag vir die besluit oor onteiening.

Verder gaan TLU SA voort met sy internasionale veldtog en die VN se menseregtekommissie sal teen die einde van die maand ingelig word dat die Suid-Afrikaanse regering sy grondwet wil wysig om grond van sy onderdane te steel, terwyl die Suid-Afrikaanse boere hulle grond wettig bekom het.

Related Articles

Back to top button