LettersOpinion

Verkeerde verkeersboetes bring padveiligheid in gedrang

In die praktyk gebeur dit egter dat boetes direk aan die eienaar of maatskappy uitgereik word, wat beteken dit word onreëlmatig uitgereik.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder: Vervoer, skryf:

Talle verkeersboetes word landwyd verkeerd deur plaaslike owerhede uitgereik deur dit direk aan die eienaar of eienaarsmaatskappy van voertuie te stuur en nie aan die wettige aangestelde agent wat die boetes namens die eienaar hanteer nie.

Dit gebeur veral in die geval van maatskappye met groot motorvoertuigvlote wat ’n agent aanstel om alle boetes namens hulle te hanteer, blyk uit ’n parlementêre vraag en antwoord daarop van die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande.

In die praktyk gebeur dit egter dat boetes direk aan die eienaar of maatskappy uitgereik word, wat beteken dit word onreëlmatig uitgereik. Sodoende word dit nie betaal nie en dit verval. Op hierdie wyse, deur die roekelose bestuur van boetes deur plaaslike owerhede, word oortreders eenvoudig nie aanspreeklik gehou nie.

Die probleem blyk veral groot te wees in plaaslike regerings soos Ventersdorp, Potchefstroom, Durban en Midvaal.

Tog kom die probleem landwyd voor. ’n Groot inkomste vir plaaslike owerhede gaan dus verlore en padveiligheid kom in die gedrang.

’n Verdere nadraai is dat onbetaalde boetes kan lei tot die blokkering van lisensiehernuwings wat voertuie onbruikbaar maak, veral vir vervoermaatskappye.

Die minister het in sy antwoord aangedui dat hy die padverkeersbestuurkorporasie sal vra om die situasie te moniteer.

Related Articles

Back to top button