LettersOpinion

Skuld van lugredery oënskynlik belangriker as munisipaliteite

Dit laat die regering oënskynlik koud, maar hy is tog bereid om die redery te red.

Wouter Wessels, VF Plus-parlementêre woordvoerder: Finansies, skryf:

Die ANC-regering is bereid om nogmaals die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) van ondergang te red terwyl hy weier om dieselfde vir Suid-Afrika se landelike ekonomie te doen.

Munisipaliteite misluk omdat hul uitstaande skuld aan Eskom toegeneem het tot R17 miljard. Agterstallige skuld aan waterrade beloop R7,4 miljard.

Die ekonomie op die platteland kom dus tot ’n stilstand.

Dit laat die regering oënskynlik koud, maar hy is tog bereid om die redery te red. Die harde werklikheid is dat Suid-Afrika nie groei soos die ANC die publiek wil wysmaak nie.
Die begroting wat hier ter sprake is, word nie aangewend in belang van die publiek nie, maar dit word bloot gebruik om die meeste mense afhanklik te hou van die regering deur maatskaplike toelaes.

Die ANC bestee eerder geld aan die beskerming van belangrike mense, soos ANC- ministers, as aan landelike ontwikkeling, munisipaliteite en infrastruktuur. Hy stel die belange van sy ministers bo dié van gewone landsburgers.

Ekonomiese groei kan nie plaasvind terwyl werkloosheid en armoede weens mislukte ANC-beleid toeneem nie. Rykdom kan nie geskep word deur bestaande rykdom bloot te herverdeel nie. Dit maak groei onmoontlik.

Mislukte munisipaliteite en provinsiale departemente kan op geen manier help om die ekonomiese stimulusplanne uit te voer nie. Dit is onmoontlik.

Dit is duidelik dat die ANC-regering net sy eie belange op die hart dra. Indien die belange van die inwoners van die land eerste gestel is, sou die munisipaliteite se nood verlig word deur veral die Eskom-skuld te verlig.

Die VF Plus sal voortgaan om terug te slaan teen wanbesteding en veg vir beter dienslewering.

Related Articles

Back to top button