LettersOpinion

Baie dankie aan die engel

Nadat sy weg is, het daar ’n engelvrou ingekom.

Fina van Deventer, Modimolle, skryf:

Ek was vandag in trane.

’n Jong meisie het ’n bril by ons bestel en die kwotasie is goedgekeur.

Toe sy die bril later kom haal het, kon sy nie alles betaal nie. Ons kon reël dat sy elke maand ’n bedrag afbetaal.

Nadat sy weg is, het daar ’n engelvrou ingekom en gevra of sy mag weet wat die meisie se rekening is.

Ek het gesê dat dit vertroulik is en ons nie hierdie inligting sonder die kliënt se toestemming gee nie.

Sy het toe gevra of ek dit sal gee as sy dit betaal. Ek het aan haar genoem dat dit ’n hoë bedrag is. Sy het steeds aanhou mooi vra en gesê dat God haar gestuur het om die rekening te vereffen.

Ek het toe die bedrag aan haar genoem en sonder om te huiwer, het sy die rekening verffen en daarop aangedring dat haar identiteit nie bekend gemaak word nie.

Dankie aan ons Hemelse Vader vir mense soos dié engel.

Related Articles

Back to top button