LettersOpinion

Waar gaan jy heen, Suid-Afrika?

Dit is glashelder dat die Republiek van Suid-Afrika in misdaad verval en steel ’n kultuur en leefwyse geword het.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Behalwe die meer as R250 miljoen wat glo tydens die ANC-bestuurskap van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit verdwyn het, is die VBS Mutual Bank ook bankrot gesteel.

Dit is glashelder dat die Republiek van Suid-Afrika in misdaad verval en steel ’n kultuur en leefwyse geword het. Niemand word ooit in hegtenis geneem, aangekla of tronk toe gestuur nie.

Wat ’n skande dat die armstes van die armes deur manne met die blink motors en skoene met die skerp punte van hul spaargeld beroof is.

Kinders onthou dat wanneer julle skuilings se dakke lek, julle natreën en bibber van die koue, om jul ouers te blameer, want dit is hulle wat jul leiers verkies het. (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button