LettersOpinion

Dít is wat die kruise beteken

Elkeen van die kruise verwys na ’n boer, sy vrou of kind wat in Suid-Afrika vermoor is.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Met die ontkenning van plaasmoorde deur die staatspresident tydens ’n onlangse VN-beraad, het die koppe na die Witkruismonument gedraai.

Die Witkruismonument teen Ysterberg, langs die N1-snelweg tussen Mokopane en Polokwane is op 5 Junie 2010 tot ’n nasionale monument verklaar.

Daar is op 16 Junie 2004 begin met die oprigting van die Witkruismonument toe sowat 1 200 staalkruise van 7 kg elk in die vorm van een groot kruis, teen die berghang geplant is.

Elkeen van die kruise verwys na ’n boer, sy vrou of kind wat in Suid-Afrika vermoor is. Dit het reeds die vorm van ’n slagveld aangeneem.

Related Articles

Back to top button