LettersOpinion

Dankie vir hulp ná brand

Aan almal wat gehelp het met die brande, dit word opreg waardeer.

Henneman Grobbelaar, Mookgophong, skryf:

Eerstens wil ek ons Hemelse Vader dank en loof dat Hy my en Rika deur hierdie brand gelei het.

Dankie vir U groot beskermde Hand wat ons en almal wat teen die brand geveg het, bewaar het.

Aan almal wat gehelp het met die brande, dit word opreg waardeer. Name wil ek nie uitsonder nie, maar julle hulp was van onskatbare waarde.

Dankie ook aan die gemeenskap en mense van ver se skenkings, bydraes, oproepe, boodskappe, gebede en woorde van bemoe-diging. Dit het vir ons ’n uitkoms geskep en ons het berus. Dankie vir die hulp ná die brande, vir water en voer vir die wild. Dit word ook opreg waardeer.

Die Here het gegee, die Here het geneem. Ons loof Hom steeds. Alles gebeur met ’n doel.

Related Articles

Back to top button