LettersOpinion

AfriForum plant bome in dorpe

AfriForum beoog om vanjaar meer as 2 000 bome landwyd te plant.

Jaco Grobbelaar, AfriForum: Distrikskoördineerder vir Limpopo, skryf:

Die AfriForum-takke in Mookgophong, Modimolle en Bela-Bela het gesamentlik meer as 250 bome as deel van dié burgerreg-teorganisasie se boomplantmaand geplant.
Verskeie skole, kerke en ander instansies in dié dorpe het bome ontvang.

AfriForum beoog om vanjaar meer as 2 000 bome landwyd te plant. Deur inheemse bome te plant is ons nie bloot besig om die omgewing te bewaar en dit esteties te verbeter nie, ons wys ook dat ons hoop vir die toekoms het. Bome is ’n belangrike deel van die ekostelsel en ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron, maar ook deel van ons erfenis.

AfriForum fokus jaarliks op sowel ’n algemene as ’n skaars boomspesie. Die algemene boom vir 2018 is die opregte geelhout (Podocarpus latifolius) terwyl die skaars boom die grootwitgat (Boscia albitrunca) is. AfriForum moedig sy takke aan om inheem-se bome te plant wat maklik in hul natuurlike omgewings aard.

Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n ewigdurende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het wel deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer en die AfriForum-takke in Mookgophong, Modimolle en Bela-Bela onderneem om hierdie sorg self te verskaf. Dit is simbolies daarvan dat ons as AfriForum hier is om te bly en opregte hoop vir die toekoms het.

Die takke moedig die gemeenskap aan om by die veldtog betrokke te raak en deel te word van ’n groener toekoms.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button