LettersOpinion

Dit is ’n voorreg om hier te woon

Al die personeel is uiters behulpsaam en vriendelik — hulle is altyd daar om bystand te verleen.

Gladys van der Merwe, Bela-Bela, skryf:

Ek is die afgelope jaar ’n inwoner van Warmbad Rusoord en dit is ’n wonderlike plek om in te woon.

Die tehuis is baie netjies en skoon en die etes is van hoogstaande gehalte.

Al die personeel is uiters behulpsaam en vriendelik — hulle is altyd daar om bystand te verleen.

Ek wil graag die beheerraad en al die personeel bedank vir die wonderlike werk wat hulle doen — hulle het Rusoord in ’n ware tuiste omskep. Hulle kan trots wees want ek glo nie daar is ’n beter ander tehuis as Rusoord nie.

My innige dank en waardering aan almal wat my en al die ander inwoners so goed versorg.

Ek bid julle almal Gods rykste seën en voorspoed toe.

Related Articles

Back to top button