LettersOpinion

Dorpe se buurtwagte ry patrollie

Die samewerking tussen buurtwagte en die polisie is van uiterste belang.

Jaco Grobbelaar, AfriForum-distrikskoördineerder: Limpopo, skryf:

AfriForum se Nylstroom-buurtwag en die organisasie se Warmbad Rural Safety Response Team (RSRT) het op 4 en 6 Julie patrollies onderneem.

Die doel van die patrollies was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog nadat dié twee dorpe onlangs onder ’n vlaag inbrake deurgeloop het. Die Warmbad RSRT het in samewerking met die polisie opgetree.

Volgens Ernine Wepener, internskapstudent by AfriForum, was die patrollies ’n groot sukses met geen voorvalle wat plaasgevind het nie. Sy het verder gesê dit is lek-ker om die positiewe verskil te sien wat vrywilligers in ’n dorp kan maak.

Die samewerking tussen die buurtwagte en die polisie is van uiterste belang. AfriForum werk graag saam met alle instansies wat veiligheid in die gemeenskap bevorder.

AfriForum se Nylstroom-buurtwag het ook tydens die patrollie insidentinoefening ge-doen om die buurtwag se reaksietyd op te skerp.

AfriForum moedig die gemeenskappe aan om by hul plaaslike veiligheidstruktuur betrokke te raak. SMS “Veiligheid” na 45340 teen R1 per SMS.

Related Articles

Back to top button