LettersOpinion

Wat verskaf ons mense genot?

Ek wonder wat gaan in die persoon se binneste aan? Watter genot put ’n mens uit so ’n lafhartige daad?

Elna Laidlaw, Bela-Bela, skryf:

Kwaaddoeners het Woensdagnag 27 Junie die palmboom op die hoek van Reitz- en De Beerstraat in Bela-Bela aan die brand gesteek.
Die boom het tot by sy top uitgebrand. Swart as op die groen sypaadjie was die stille bewys van ’n tuiste van menige voëls. ’n Bruin arend was onder meer een van die “koninklikes” wie se tuiste nou in roet en as op die sypaadjie lê.

Ek wonder wat gaan in die persoon se binneste aan? Watter genot put ’n mens uit so ’n lafhartige daad? In my oë is hy ’n lafaard, anders sou hy dit helder oordag ge-doen het. Dan kon alle verbygangers ’n gesig aan dié held toegeken het en dalk self ’n paar vrae oor sy motief gevra het.

Ek hoop die genot wat hy uit hierdie verwoestende daad put, duur vir hom onbepaald voort.

My hart is seer. Kan ons net ’n bietjie dink voor ons die guns van ons onvolwasse vriende op so ’n manier probeer wen.

Related Articles

Back to top button