LettersOpinion

Forum staan buurtwaglede by

AfriForum het regshulp verkry om die lede by te staan nadat die polisie die lede op 8 en 9 Februarie in hegtenis wou neem.

Jaco Grobbelaar, AfriForum-distrikskoördineerder: Limpopo, en Gideon de Jager, AfriForum-buurtwagvoorsitter: Lephalale, skryf:

AfriForum het twee van sy Lephalale-buurtwaglede tydens sewe hofsake bygestaan.

Dít volg nadat die twee buurtwaglede strafregtelik aangekla is en die saak op Woensdag 27 Junie uit die hof gegooi is.

Die twee buurtwaglede is aangekla nadat hulle op ’n noodoproep dat daar wildstropers in die gebied was, gereageer het. Terwyl hulle die gebied gepatrolleer het, het hulle ’n verdagte voertuig met vrieskaste agterop langs die pad opgemerk. Hulle het saam met ander lede van die buurtwag by die voertuig stilgehou.

Daarna het almal, asook die bestuurder van die voertuig, die toneel verlaat. ’n Dag later het die bestuurder van die voertuig egter ’n strafregtelike klag by die polisie ingedien en die twee buurtwaglede van diefstal beskuldig.

AfriForum het regshulp verkry om die lede by te staan nadat die polisie die lede op 8 en 9 Februarie in hegtenis wou neem. Een buurtwaglid is vir twee uur lank in die hofselle opgesluit, waarna die lid, met die hulp van ’n prokureur wat deur AfriForum aange-wys is, op borgtog vrygelaat is.

AfriForum kon die lede vinnig en doeltreffend bystaan. Die buurtwaglede het binne die raamwerk van die wet opgetree wat dit moontlik maak om hulle by te staan. AfriFourm sal enige van ons buurtwaglede verdedig en met regshulp steun, mits hulle binne die wet optree en die buurtwag-gedragskode onderteken het.

Die regshulp en bystand wat AfriForum aan dié lede verleen het, was merkwaardig. Ná sewe hofsake kan ons met eerlikheid sê dat die maandelikse lidmaatskap van R50 wat aan AfriForum betaal word, die moeite werd is. Ons raai enigeen wat betrokke wil raak by die buurtwag, om ook deel te raak van dié struktuur.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om deel te word van die buurtwag deur die woord “veiligheid” na tel. 45340 te SMS (R1) en saam ’n verskil te maak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button