LettersOpinion

Mense word mislei oor grondhervorming

Die minister se bewering dat grondpryse opgeblase is, is verkeerd.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, skryf:

Die regering beskik oor genoeg grond vir herverdeling en is oneerlik met die mense van Suid-Afrika as hy sê onteiening sonder vergoeding is nodig om die proses van grondhervorming moontlik te maak.

Die mense van Suid-Afrika moet kennis neem van die ministers se uitsprake oor onteiening sonder vergoeding. Sy regverdig die onwettige besitneming van grond wat lynreg staan teenoor pres. Cyril Ramaphosa wat sê dit sal nie toegelaat word nie.

Die minister se bewering dat grondpryse opgeblase is, is verkeerd. Dit dien terselfdertyd as bewys dat swart mense nie werklik in grond belangstel nie, maar wel in die geld wat deur die proses ontsluit is.

Die regering het in die parlement erken dat in 93% van gevalle waar grondeise toegestaan is, die begunstigdes verkies het om eerder geld te neem en nie die grond nie.

Waar die regering byvoorbeeld R5 miljoen vir ’n plaas betaal, moet hy ’n verdere R5 miljoen aan die eiser gee wat nie die grond wil hê nie. Dit beteken dat R10 miljoen van belastingbetalersgeld eintlik vir die grond betaal word wat net R5 miljoen werd is. Dit is opgeblase, maar is gewis nie die verkoper se skuld nie.

Die regering mislei die mense van Suid-Afrika verder deur te sê onteiening sonder vergoeding sal grondhervorming bespoe-dig. Die waarheid is dat die regering erken hy besit tans 4 000 plase. Waarom word hierdie plase nie eerste aan die mense gegee nie?

Met die eerste restitusieproses wat in 1998 gesluit het, is 80 000 eise ingedien. Dit is nou 20 jaar later en van hierdie eise is steeds nie afgehandel nie.

Daarbenewens het die regering erken hy besit 17 miljoen hektaar grond in Suid-Afrika. Waarom gee die regering nie hierdie grond, buiten die 4 000 plase in sy besit, vir die mense wat grond wil hê nie?

Die regering het ook erken dat 90% van vorige herverdelingsprogramme misluk het. Hierdie plase, wat reeds in die regering se besit is, kan ook gebruik word.

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik die ANC-regering misbruik die gevoelens van die mense om sy eie onbevoegdheid te verdoesel. Hy mislei die mense deur te sê onteiening sonder vergoeding sal die proses om grond te verdeel, bespoedig.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

Related Articles

Back to top button