BlogsOpinion

Brief: Man se beste vriend word dikwels verwaarloos

Hoe kan honde-eienaars nie omsien na hul diere nie?

Jaco Vermaak, sakeman en inwoner van Modimolle, skryf:

Daar is geen groter liefde as dié van ’n hond nie.

Hulle lojaliteit en vriendskap is onvoorwaardelik en vir altyd, maar in Modimolle sien ’n mens gereeld verwaarloosde en verdwaalde honde wat in die strate rondloop op soek na kos. Dit is hartverskeurend om hierdie honde so te sien.

Hoe kan honde-eienaars nie omsien na hul diere nie? Hoe is dit moontlik dat iemand eers twee dae later agterkom hulle hond is weg?

As jy regtig nie na jou hond(e) kan omsien nie, neem hulle na die veearts, dierebeskermingsvereniging (DBV) of soortgelyke organisasie toe. Moenie net jou hond iewers in die veld of langs die pad gaan weggooi nie.

Elke hond behoort ’n halsband te dra met die eienaar se telefoonnommer op, of nog beter, laat die veearts ’n mikroskyfie vir jou hond inplant.

Honde-eienaars kan ook aansluit by die Facebook-blad Lost and Found waar mense kennisgewings plaas van honde wat gevind of vermis word.

’n Hond sal jou nooit in die steek laat nie — moenie jou verantwoordelikheid versuim en jou hondekind in die steek laat nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button