BlogsOpinion

Hoofartikel: ‘Gelyk’, maar nie gelyk

Wat beteken menseregte as ’n mens dit nie kan sien nie?

Menseregte (wat in Suid-Afrika op Menseregtedag op 21 Maart gevier word) word omskryf in die Handves van Menseregte (Bill of Rights) wat deel vorm van Suid-Afrika se nuwe grondwet (1996).

Wat help dit ons kan lees van menseregte, maar dit is nie in ons samelewing sigbaar nie?

Mense het gelyke regte, maar ons sien daagliks diskriminasie op grond van velkleur, geslag, ge stremdheid, geloof en taal.

Mense het die reg tot lewe, maar ons sien hoe onskuldige mense vermoor word.

Mense het die reg tot gelyke beskerming en voordele van die regsproses, maar ons sien hoe regeringsamptenare hulself oor jare verryk en verhef bo die wet sonder enige daadwerklike gevolge.

Mense het die reg van toegang tot gesondheidsdienste en noodbehandeling, maar ons sien hoe mense sterf terwyl ’n ambulans nie opdaag nie.

Mense het die reg om toegang te geniet tot voldoende kos en water, maar ons sien verhongerde kinders in stofstrate wat speel langs strome besoedelde water.

Mense het die reg om vry te wees van alle vorme van geweld, maar ons sien daagliks hoe vroue en kinders mishandel en vermoor word.

Mense het die reg tot vryheid van spraak, maar ons hoor hoe oorlogsliedere gesing en geweld teenoor boere gestook word.

Mense het die reg tot gewetens- vryheid en om hul geloof te beoefen, maar ons sien hoe kerkgeboue leegloop en godsdiensbeoefening verbied word.

Mense het die reg tot vryheid van spraak in media, maar ons sien hoe feite en bewyse op sosiale media oorskadu word deur sensasiewekkende emosies en menings.

Mense het die reg om hul kreatiwiteit uit te druk, maar ons sien ’n oordosis onvanpaste naaktheid en seksuele banaliteit op die TV-kanale, internet en sosiale media.

Mense het die reg om vreedsaam te vergader en te betoog, maar ons sien geboue wat afgebreek en afgebrand word, strate vol klippe en rommel wat gestrooi word.

Mense het die reg om vryelik politieke keuses te maak, maar ons sien hoe mense omgekoop en geïntimideer word oor waar hul hul kruisies moet trek.

Mense het die reg om hul taal te praat en hul kultuur uit te leef, maar ons sien hoe Afrikaans verdruk en verdoem word.

Mense het die reg op nagraadse studies, wat die regering toenemend moet befonds, maar ons sien al hoe meer gegradueerdes wat werkloos is.

Wat beteken menseregte as ’n mens dit nie kan sien nie?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button